Thursday, May 17, 2007

Die handhawing van hoë akademiese standaarde is vir ons van groot belang, daarom word ons standaarde nasionaal en internasionaal gemeet. Nasionaal word standaarde vergelyk in die leerareas, Afrikaans, Engels, Wiskunde en Wetenskap in samewerking met Laerskool Lynnwood (Pretoria), Laerskool Pietersburg-Oos (Polokwane), Laerskool Stellenbosch (Stellenbosch), Greykollege Primêr (Bloemfontein) en C&N Primêre Meisieskool Oranje (Bloemfontein). Internasionaal word vraestelle gemodereer met die oog op internasionale standaard vasstelling deur Nyewood Church of England Junior School, Bognor Regis, West Sussex, England. Graad 5 en 6 leerders het ook al die Nasionale vraestelle van Groot Brittanje geskryf, om standaarde te vergelyk.